We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Dit Moet Net Yt

from Hipe Presents: Fl​ê​tse Maniere by Jaak

/
  • Streaming + Download

    Immediate download of Dit Moet Net Yt in your choice of 320k mp3, FLAC, or just about any other format you could possibly desire. We have set a modest minimum price. However, if you feel like supporting our small independent record label and the ghetto youth of South Africa by paying more for the music, be our guest!
    Purchasable with gift card

      €0.15 EUR  or more

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Come in slimline jewel case with double sided cover artwork and artwork on actual CD.

    Includes unlimited streaming of Hipe Presents: Flêtse Maniere via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 3 days
    Purchasable with gift card

      €4.50 EUR or more 

     

  • Mail Order (no credit card required)

lyrics

Verse 1_
Ons noem hom net en roem respek/ as ô boem boem rap/
in dié groen-groen plek/Die beat ghoef-ghoek kek!/
oel soe-soe ek/ maak soentoe vrek/ ons voel toe sleg/
Omvergifnis vra/ voel didnid klaar/
die system pla/ die business faal/
ma krismis sal/ die biscuits kraak/
en ‘n kis kis maak/ nôba bitter smaak/
Vattie sleg met die goed/ hou die kneg aan die loep/
by die bed aan die voet/ lê die wet van die boek/
is wat ek het as ek soek/ amper vrek van die roep/
as ek ‘kef’ van die roek/ Jah bless! aan die gloed/
En dit kom voor/ hoor ‘n dom oor/
hoe die song toor/ met die klong hoor/
Moet dit in ton stoor/ bring met long voort/
harder op drom-oor/ soes bom, GOOR!/
So stiek net uit/ op beat in tyd/
en skiet dit wyd/ lat Hitler shake/
uit sy vieters, great/ so hy bieter wyk/
as ons iets bieter gryp/ op diese plate/
Soe dink maar net/ laat dit sink in pet/
moet dit bring in rap/ wat Jah Jah het/
Vir die blink en black/ vir die stink en fresh/
as die 7′s clash/ met die wack en trash

Chorus_
Dit moet net yt x 8

Verse 2_
En ek sien hom weer/ as ek binne keer/
liewe dunner skeur/ heel verinneweer/
moet ek inner beer/ ek’s gesimuleer/
en gevissinteer/ op die punteleer/
Ek voel frustrasie/ want dit pull vir Jaakie/
na die koelste parties/ ja die koelste parties/
waar ek fool se maat wies/ en ook fool se part kies/
vat ek fool se advies/ soese fool se raad, sies!/
En dit sluk my in/ daais wat dit my bring/
jy moet bid my kind/ nie net sit en dink/
aan die krit en skimp/ moet die shitstem pimp/
want die system pimp/ vyand en vrind/
En ek dien hom meer/ as ek die nou deel/
met die wat inoveer as hul dié nou speel/
Soe gee g’n keer/ aan die finomineel/
so gaan die nou weer vlymskerp teen jou keel/
En oefen doodgaan/ en spoek dan voortaan/
as hul boeke oopslaan/ naam loop dan ook aan/
soek dan hoop van/ aan die voet van groot Man/
en met bloed van propaan/ brand roete oop San/
En lag dit af/ gee nie vir satan krag/
want Satan wag/ en vat jou asem af/
in jou laaste nag/ fluister die datum sag/
want jou datum mag/ sommer vanaand jou jag

Chorus_
Dit moet net yt x 8

Verse 3_
Soos die sand in die uurglas/ loep ek hier af/
soos die man voor die muur wag/ skote vuur af/
hy’s bang, het nie stuurkrag/ skedel skuur sag/
in die nag van die buurtwag/ moet ek nie draf/
Dit’s ‘n plain storie/ en ‘n klein storie/
van bruin glorie/ nie by my gehoor nie/
want ek bly nie voor nie/ so as jy nie glo nie/
my nie blame hiervoor nie/ want ek rym nie so nie/
En in die nuwe dag/ wat in jou liewe wag/
kry jy mos nuwe krag/ van die Uwe af/
Al is die liewe tough/ en die see te rough/
bly jy maar liewers sag met ‘n skiewe lag/
Want ‘n skiewe lag/ hou jou van gruwe af/
en tot die 7 mag/ is jy dan nie bestraf/
Maar tot die 7 mag is jy dan hier vandag/
sterk om te werk met ‘n nuwe love/
En dit moet net yt/ soos ‘n poep wat spuit/
en jou broek wat ruik/ soos daai goed aan pyp/
of kleinboet wat kruip/ uit wat moet kan sluit/
wiet goed van escape/ soos ‘n boef aan die sluip/
En dit daal nou neer/ soos die vaal van weer/
en die taal beweer/ dat die taal kan deur/
Hoeveel male meer/ moet ek dala Heer?/
op ‘n skarrel weer/ vir colourd eer

Chorus_
Dit moet net yt x 8

credits

from Hipe Presents: Fl​ê​tse Maniere, released December 28, 2009
Prod. Hipe

license

tags

about

Pioneer Unit Records Cape Town

We develop artists who understand the cultural significance of representing the reality of life in South Africa. Whilst deeply rooted in Hip Hop culture, we push aesthetic boundaries. Our sound is influenced by a wide variety of music, everything from Roots, Dub and Dancehall, to Electro, Detroit Techno, Dubstep, Grime and naturally, the sounds of Africa. ... more

contact / help

Contact Pioneer Unit Records

Streaming and
Download help

Shipping and returns

Redeem code

Report this track or account

If you like Pioneer Unit Records, you may also like: